Oefening 1.4

  • Published on
    17-Aug-2015

  • View
    121

  • Download
    0

Embed Size (px)

Transcript

  1. 1. OEFENING VIER Wat was die vorm van die laer by die Slag van Bloedrivier?
  2. 2. WAT GEBEUR HET? Wat was die vorm van die laer by die Slag van Bloedrivier?
  3. 3. De Jager vertel dat die waens al deur die Bloedrivier was toe berig van Hans de Lange ontvang is en dat toe besluit is om terug te trek en langs die sloot laer te trek. Hy is egter die enigste wat die verhaal vertel. Hoe lank dit geneem het om die laer te trek word nie vermeld nie. Hulle was egter geoefend in die proses aangesien hulle, ook volgens De Jager, elke aand laer getrek het en wel sirkelrond Hier is ook 'n ronde laer getrek, maar aan die kante van die sloot was die sirkel ingeduik sodat sommige praat van 'n halfmaan en ander van 'n halwe sirkel of kring. "Hier staan ons" Geloftefeesbundel, 1972.
  4. 4. Op die vraag wat die vorm van die laer by Bloedrivier was, gee die bronne teenstrydige antwoorde. Ene B. van Graaff-Reinet (vermoedlik die bekende J.N. Boshof) en Theophilus Shepstone, wat nie een 'n ooggetuie was nie, verklaar dat dit 'n sirkel was. I.J. Breitenbach en 'n onbekende verslaggewer wat in Desember 1870 op die slagveld van Bloedrivier met verskeie ooggetuies gepraat het, maak melding van 'n vierkant. Izak de Jager en S.W. Burger beweer albei in hulle herinneringe dat dit 'n halfmaan was. As 'n mens hierdie bronne teen mekaar opweeg, wil dit voorkom of die getuienis van Izak de Jager, 'n ooggetuie, die meeste gewig dra. In antwoord op 'n vraag wat senator A.T. Spies 70 jaar n die Slag van Bloedrivier aan hom gestel het, het hy verklaar: Op die trek van Danskraal af was die laer elke aand sirkel rond getrek, maar by Bloedrivier was die laer in die vorm van een halwe maan, omdat aan die een kant een hoge wal was waar die kaffers nie kon uitklim nie." Die feit dat Izak de Jager van 'n halfmaan praat, en nie van 'n halfsirkel nie, dui daarop dat die laer nie aan een kant oop was nie. Dit was 'n geslote laer wat die vorm van 'n halfmaan of 'n hoofletter D gehad het. En as die twee hoeke van die halfmaan of die hoofletter D effens rond was soos dit waarskynlik sou gewees het as die laer die vorige aande altyd sirkelvormig was is dit inderdaad moelik om die vorm van die laer met een woord te beskrywe. Dit moet half D-vormig en half O-vormig gewees het met ander woorde soos 'n afgeplatte sirkel. B.J. Liebenberg, Andries Pretorius in Natal (DLitt et Phil-verhandeling), pp. 34-36.